About

Hello daar 🙂

Baie welkom hier op my crazy, online space!

As jy wou geweet het hoekom ek blog – ek het in 2015 graadgevang en nou werk ek by ‘n maatskappy waar ek baie geleer het oor die ‘blog wêreld’ en alles wat Online Marketing aanbetref.

Ek het nog altyd gedink dat die lewe seker meer vir ons inhou as net swot, werk en trou. Of dalk is dit net ek wat dit so sien. Sover, het ek soveel groot drome. Maar ek het geen idee waar of hoe om te begin nie. Al wat ek weet is die volgende:

– Ek kan heel orraait skryf.
– Ek hou van styl, oefen en gesond eet.
– Ek hou van outfits ‘aanmekaarslaan’.
– Ek het ‘n besigheids-graad in Brand Management.
– Ek kan so hier-en-daar ‘n ding of twee design.
– Ek het vriendinne en susters wat gewillige fotograwe sal wees.

So in die hele denkproses om myself te probeer vind en te ontsyfer waarnatoe ek wil gaan in die lewe, het ek besluit om al die bogenoemde kwaliteite te kombineer (jy moet jou hulpbronne gebruik). En hier is ek nou. Besig om te blog.

‘n Paar Interessante Feite
– Jy kan my BEDERF met spicy food!
– Maak nie saak hoeveel van die regte produkte, kwassies, of tegnieke ek gebruik nie, my makeup lyk net nooit soos die girls s’n op YouTube-tutorials nie.
– Ek is ‘n freeborn. 1994, hell yeah.
– Ek bly in Kaapstad, maar is gebore in Gauteng.

Verder aan is ek heel average, regtig. En een van my grootste swakhede is SALES (soos in uitverkopings)! Want – budget. Soos enige ander meisies my ouderdom probeer ek net die meeste van my lewe maak, terwyl ek nog jonk is. Dis nou as ek nie besig is om net-net kop bo water te probeer hou met ‘grootmens’-struggles nie.

Kom volg my op my journey? Dit gaan interessant wees 🙂

________________

IG: @thisafrikaansgirl

Facebook Page: This Afrikaans Girl