Winter, Ek & Shaggy Jackets

Kyk – ek plus winter is nie regtig maatjies nie. Inteendeel, ek is een van daai’s wie se bene (innerlike been-bene, soos-in bones, vang?) letterlik PYN wanneer ek koud kry. Ek is volslae, unapologetically ‘n Somer-mens. Maar daar is wel één deel van Winter wat ek gaande oor is – en dit is shaggy, fauxfur jasse!

By the way, ek het nooit regtig geweet hoe ‘n mens FAUX uitspreek nie, toe gaan luister ek bietjie. En dis basies soos om te sê – FAH. FAH-Fur.

Buiten dit alles, beoog ek om met hierdie post ‘n paar van my gunsteling fauxfur-nommertjies te vertoon. Want WAT sal my Winter wees sonder dit?! – Baie koud, ja.

Processed with VSCO with hb1 preset
1
Processed with VSCO with hb1 preset
2
Processed with VSCO with hb1 preset
3
Processed with VSCO with hb1 preset
4
Processed with VSCO with hb1 preset
5

Bo is ‘n paar van my top keuses:

  1. Rooi Shaggy Jacket van Vero Moda (op Superbalist).
  2. ‘Muishond’ Fauxfur Jassie van LEGIT Fashion
  3. Babapienk, dun polonek truitjie van Cotton ON
  4. Oorgrootte Lyk-Soos-Skaapvel-Maar-Is-Nie Jas van Long Street in Tygervallei
  5. Swart Glitter Truitjie van MrP

Fauxfur kan enige uitrusting optower, en mens kan dit net so maklik paar met óf bootsies, óf sneakers – whichever floats your boat.

Ek sien beslis uit om vir my hierdie Winter nog so ‘n paar aan te skaf 😉 #geenskaam

Catch you on Instagram! 😀

Carli xx

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s