Die Ultimate ‘Moet Ek Dit Koop?’ Checklist

Dis nogal obvious dat die winter-seisoen al hoe nader stap en dit word al hoe moeiliker om in die oggende op te staan. Buiten die absolute stryd om net my lyf uit die bed uit te forseer, is dit nou nie juis net ‘n geval van jy “trek gou vinnig ietsie aan nie”.

Hoekom nie?! Want jy moet 3000 lae klere oor mekaar dra. Anyways – irrelevant! Maar ek se maar net.

Is dit net ek, of is wintersklere ongelooflik duur, though? Baadjies, truie, boots. Flip! Hoe vervolmaak ‘n mens ‘n hele nuwe wardrobe wanneer jy moet contemplate tussen die velvet, black boots of die bomber jacket met die geborduurde blommetjies.

Ek het al self so in die winkel gestaan en gesprekke met myself gevoer oor of ek REGTIG hierdie kledingstukkie gaan dra, of nog meer belangrik – REGTIG BENODIG. En dan verloor ek gewoonlik die stryd.

Wanneer dit kom by moet jy of moet jy nie, het ek vir myself ‘n mental checklist opgestel wat dit vir my makliker maak om te shop vir ‘n nuwe seisoen. Hoop dit help.

  1. GAAN DIT BY JOU ANDER KLERE PAS? Ja/Nee
  2. IS DIT ‘N STATEMENT PIECE? Ja/Nee
  3. LYK DIT MOOIER OP JOU OF OP DIE RAK? Ja/Nee
  4. IS DAAR ‘N MOONTLIKHEID DAT JY DIT IN DIE VOLGENDE SEISOEN OOK KAN DRA? Ja/Nee
  5. IS DIT WAARDE VIR GELD? Ja/Nee
  6. KAN JY DIT BEKOSTIG? Ja/Nee
  7. IS DIE KLEUR VERSATILE? Ja/Nee
  8. VOEL JY ABSOLUUT HOT EN VERRUKLIK IN DIT SOVEEL SO DAT JY DUISENDE SPIEEL SELFIES DAARIN SAL NEEM? Ja/Nee
  9. HET JY DIT REGTIG-REGTIG, SOOS IN, REGTIG NODIG? Ja/Nee
  10. *BONUS VRAGIE* IS DIT OP SALE? Ja/Nee

Nou-ja, toe! Welkom by my innerlike stryd elke liewe keer wanneer ek myself in so ‘n klere-koop dilemma bevind. As jy vind dat jy op meer as 5 van hierdie vragies ‘Ja’ beantwoord het, wel, daar het jy dit suster. It’s a done deal.

Is daar enige ander voorstelle vir slim-koop wat jy kan voorstel? If so – deel jou denke, asseblief! Ons vrouens moet resourceful wees, okay.

Let wel – PJs is ‘n uitsondering op alle begenoemde. Hah!

Mooiste vakansiedaggie vir jul ❤

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s