Wenner Webtuistes Vir Winskopies!

In die buiteland is die realm van online shopping vreeslik gevorderd. Dit is amper AL manier waarop mense aan die ander kant van die wêreld inkopies doen! En dit word glad nie eers ‘n bietjie bevraagteken nie, anders as hier in Suid-Afrika.

Maar dinge het darme al so stadigaan begin koers neem wat plaaslike, online shopping aanbetref. Ek is so opgewonde dat Suid-Afrikaners al hoe meer gemaklik begin voel om aanlyn inkopies doen. En dit is so opwindend daarby! Daar is darem min dinge so plesierig (of wel, vir my…) in die lewe soos die gevoel wanneer jou shopping pakkie by jou werk of huis afgelewer word. Dis amper soos ‘n klein geskenkie aan jouself, van jouself. En ek love dit!

Ek moet sê, die eerste keer toe ek in 2013 ietsie op Kalahari (Nou Takealot) gekoop het , was ek maar self taamlik skepties. Ek het die heeeeele PayPal-ding gedoen, en was selfs bang dat Paypal ‘n scam was. Shame.. so jonk. So naief!

Maar die punt waarop ek eintlik wil neerkom – daar is ‘n paar webtuistes waarop ek deesdae versot is, wat ek voel is veels te onder die radar! En dit is tyd dat mense begin WEET van hierdie ongelooflike sites. As jy een is vir uitverkopings en bargains, well – look no further!

RETAILBOX:

Hierdie een is ‘n groot gunsteling. RetailBox verskaf ‘n bittere groot verskeidenheid van salon-haarprodukte en daarby omtrent enige iets skoonheids-georienteerd van kop tot toon. Grimering ingesluit! Noem die skoonheidsproduk, en RetailBox het dit. En gewoonlik teen baie billike pryse ook met gereelde uitverkopings. Jy kan selfs vir jou ‘n ou krultangetjie, haardroër of straightener op Retailbox aanskaf, indien joune die gees gegee het. Of as jy (soos ek) naderhand gym toe moes gaan NET om die straightener daar te gebruik, want ek was te broke om my eie een te koop. Moenie judge nie!

(Besoek RetailBox)

RUNWAY SALE:

Okay, as jy nog nie weet van Runway Sale nie. Wow! Jy mis definitief uit. Gaan kyk NOU! Wat Runway Sale so opwindend maak, is hul flash sales van allerhande tipes produkte – klere, skoene, juweliersware, sonbrille – alles! Hulle het ook lyste van opkomende sales met die countdowns tot wanneer die uitverkopings plaasvind. So dit skep regtig ‘n groot hype. Hoe dit dan werk, is die sale duur net ‘n sekere tyd lank. En dan moet jy JAAG om die beste winskopies eerste te kan opraap. So maak net seker jy is geregistreer op hul e-pos lys sodat jy eerste in kennis gestel kan word van nuwe uitverkopings. Verwag sales van Forever New, Tommy Hilfiger, Jeep, Puma en nog baie meer. En Runway Sale voeg aaaaltyd nuwe brands by – is dit nie fantasties nie?!

(Besoek RunWaySale)

HYPERLI:

Vir die wat nie geweet het dat GroupOn in Suid-Afrika al sedert laasjaar nie meer bestaan nie – Hyperli is nou hier, mensies! En vir die wat nie weet wat GroupOn is of WAS nie. Maak jouself gereed vir ongelooflike goedkoop leefstyl-bederfies. Hyperli het talle specials wat strek van spa’s, afslag by jou naaste haarsalon, restaurant coupons en baaaaie goeie pryse op aanlyn kursusse. Hyperli is beslis ‘n wenner vir veral paartjies en avontuurlistige gesinne. Jou date nights is van nou af gesort!

(Besoek Hyperli)

SUPERBALIST:

Was jy by Rocking The Daisies laasjaar? Ek was nie. Maar ek weet dat Superbalist een van die grootste brands was wat by Rocking The Daisies 2016 betrokke was. Hulle is vreeslik ‘oppit’ met die sosiale scene en ek is mal oor die spontaniteit van hul brand. Op Superbalist kan jy enige van die nuutste mans- of vrouemodes opspoor, vir jou aanskaf en dit word binne ‘n paar dae afgelewer. Daar is ook gereelde uitverkopings wat plaasvind, so hou jou oë oop en e-posse dop! Superbalist het selfs ‘n heel nuwe uitbreiding geskep wat val onder die Apartment-kategorie, waar jy die oulikste dekor en meubels vir jou plekkie (of kamer) kan koop. En oh, ja. Superbalist laat toe dat jy met Snapscan betaal. En het jy geweet dat jy ‘n persentasie van jou geld terug ontvang as jy op WeChat Wallet deur middel van Snapscan betaal? Ja, jy doen! 😉

(Besoek Superbalist)

Ook, as jy nuuskierig is oor hoe die hele cashback-storie werk deur Snapscan op WeChat Wallet – lees gerus meer daaroor HIER.

En hiermee sluit ek af. Ek is natuurlik bewus dat daar talle ander Suid-Afrikaanse aanlyn winkels is, waarvan ek beslis ook van gebruik maak. En wat ook fantastiese dienste lewer. Maar ek moes dink aan die bargain-element van die saak 😉 Indien jy voorstelle het van enige ander online en plaaslike ‘favourites’ vir bargains – laat my weet! My lysie van online shopping bookmarks kan NOOIT te lank wees nie!

Tot dan – YAY vir bargains, sales en discounts! 😀

____________________________

As jy hierdie post geniet het, voel asseblief vry om dit te share 🙂 Hou wel my sosiale media op hoogte vir opkomende blogposts!

Instagram: @thisafrikaansgirl_za

Of ‘like’ en volg my Facebook-blad: This Afrikaans Girl

Advertisements

3 thoughts on “Wenner Webtuistes Vir Winskopies!

  1. Hmm… ek is self soms skrikkerig vir aanlynkopies (spesifiek klere), maar ek het besluit om ‘n punt daarvan te maak om die winkelrye vanjaar te probeer mis met ‘n paar kliek-klieks. 😊 Dankie dat jy ‘n paar oulike plekkies uitgewys het!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s