Hey! Dis Okay.

Wanneer jy uiteindelik begin werk en die grootmens-wêreld intree, is daar soveel skielike dinge om oor te bekommer. Almal is in verskillende situasies en verskillende fases van hul lewens. Maar as ek so met my vriendinne gesels, klink dit my ek is darem nie so alleen met my kwale nie! So as jy, nes ek, voel dat jy net GEEN IDEE het waarnatoe jou lewe, toekoms en beroep op pad is nie. DIS OKAY.

En weet jy wat is ook nog okay? –

Dis Okay As Jy Begin Stres Omdat Jy Oral Verlowings Op Facebook sien:

Kyk, mense. Was dit net ek of was hierdie Desember verlowings-seisoen!? Verlowings oral! Boonop al hierdie verlowings, kom ek dan pas UIT ‘n verhouding UIT. Glad nie stresvol nie. Maar weet jy wat? Dis okay.

Dis Okay As Jy Wonder Hoekom Jy Jou Dood Werk Vir Peanuts:

Ons almal begin iewers. Ongeag in watter beroep jy jouself vind, ‘n mens begin onder en dis nie altyd so prettig soos wat jy sou dink nie. Kollegas kyk dalk neer op jou en beskou jou as ‘n ou juniortjie en onderskat jou vaardighede. Maar dit is alles deel van die learning curve. Ek was gelukkig genoeg om in te stap by ‘n werk met ‘n fantastiese mentor. Maar op die ou-einde van die dag, dit leer jou van so baie dinge, sonder dat jy besef. Nederigheid is nie ‘n eienskap wat maklik leerbaar is nie, tog gaan dit nog die moeite werd wees.

Dit Is Okay As Jy Vriende Ontgroei:

Meeste van ons het daardie een vriend of vriendin, wie jou soos ‘n boek ken sedert jy al kan onthou! Nou hoe dan wanneer jy ‘n punt bereik waar jul amper niks meer het om oor te gesels nie? Ewe skielik raak dinge al hoe meer awkward en na ‘n tyd is daar net nie meer daardie ‘spark’ soos die dae wanneer jy nog jou ma moes vra vir ‘n lift na hul huis toe nie. Ons verander en omstandighede verander. Jy is dalk in ‘n heeltemal ander fase van jou lewe as daardie vriend of vriendin. Dit beteken nie jy is ‘n slegte persoon as jy stadigaan daardie persoon ontgroei of minder sien nie.

Dis Okay As Jy Moet Contemplate Tussen Mediese Fonds, Motorversekering en Huur Betaal:

Wat as jy in ‘n ongeluk kom? Wie betaal vir dit? Nou wat as jy dan in die ongeluk kom en jy moet hospitaal toe? Wat dan?  Ek maak nie grappies nie. Jy weet dinge raak real wanneer jy moet besluit watter belangrike vereiste nie meer so belangrik hoef te wees nie. Tog dan besef jy net weer hoe bevoorreg jy is om actually te moet besluit tussen sulke ‘luukshede’. Al kan jy net een bekostig. Daar is mense daar buite wat nooit sulke besluite hoef te neem nie. Dan raak ‘n mens net weer vooraf dankbaar vir elke blessing.

Dis Okay As Jy Jou Petrol Warning Liggie Toets Tot Sy Limiet:

Ons almal het al. En dit is okay! Sorg net dat jy jouself in ‘n area bevind waar daar ten minste ‘n petrolstasie binne’n 5km radius is. Met my vorige kar, het ek nog al te lekker gery, toe my kar in die reen gaan staan het. Nadat ek die ou moes bel om my kar weg te ‘tow’ (ek weet nie wat dit in Afrikaans is nie), met die denke dat my kar iewers fout het, vind ek eers later uit dat dit eintlik sonder petrol gaan staan het. In my verdediging, my petrol-meter was ook so semi buitewerking. Anyways, die petrol struggle is een wat ons almal mee kan relate.

Dit is Okay As Jy By Die Apteek Vra Vir Die Generiese Weergawe Van Wat Ook Al Pil:

Hierdie een is meer van ‘n lifehack as enige iets anders en het my al duisende Rande gespaar! Ja, medisyne is ‘n rip-off en ek kan nie glo hoe duur ‘n mens moet betaal daarvoor nie. Tog, is daar vir meeste tipes medisyne die generiese weergawes, natuurlik teen baie meer billike pryse! So volgende keer as hulle vir jou ‘n name brand pilletjie wil voorskryf, vra net vir die generiese weergawe. ‘Selfde pil, ander naam. – Dit is ‘n groot plesier!

Dit Is Okay As Jy Nie Weet Waar Jy Jouself oor 5 jaar sien nie.

Ek weet ‘n mens moet goals hê, en dat elkeen hopelik of sekerlik (whichever one is relevant) min-of-meer ‘n idee het van waar hul wil opeindig. Maar kom ons wees gou realisties. Kan ‘n mens regtig weet waar jy jouself oor 5 jaar sien? Ek wil graag kan sê op ‘n Griekse eiland met ‘n sny’tjie wortelkoek voor my en ‘n pina colada, maar ek kan seker nie dit vir die persoon sê wie ‘n werksonderhoud met my voer nie. As jy wel weet, is dit great! Maar vir sommige van ons weet ons net dat daar nog soveel groei en selfontdekking moet plaasvind, voordat jy waarlik ‘n antwoord op daardie vraag kan gee. En dit is regtig okay. Want dis tog die journey wat tel, nie die eindpunt nie!

Dit Is Okay As Jy By Coffee Shops Moet Sit Om Updates Te Doen Op Jou Foon:

#firstworldproblems. Data. Is. Duur! Het julle geweet ‘n mens betaal soveel goedkoper vir data in die buiteland? Ek wag nog in spanning vir hierdie saak om reggemaak te word… Lees gerus meer daaroor hier.

Dis Okay As Jy Nie Voel Alles Is Okay Nie:

Dit het my lank geneem om hierdie te besef, totdat ‘n vriendin een keer my moes regruk en dit vir my moes sê. As jy waarlik wil suksesvol wees, asook jou passie volg  en net alles agtermekaar wil hê en jy is net NOG NIE daar nie, kan jy somtyds voel soos ‘n mislukking. Hou op om soveel druk op jouself te plaas. Lewe is tog daar om ook geniet te word. En jy gaan nie vir ewig jonk wees nie. So vergewe jouself vir die foute wat jy maak! Dit is normaal. Skep vir jouself ‘n prentjie van waar jy wil wees en vat dit stappie-vir-stappie. You’ll get there when you get there 🙂 Solank jy net aan die gang bly!

Ons twintigerjare is veronderstel om ons trial-and-error jare te wees. Dit is die jare waarin jy soveel as moontlik avonture moet aanpak, kliphard lag en jouself probeer ‘uit figure’. Eendag kan jy terugkyk en besef hoe elke klein gebeurtenis bygedra het tot die groter prentjie van jou lewe. Al was dit ‘n simpel quote wat jy ge’screenshot’ het op Instagram, ‘n vreeslike onaangename baas of dalk net ‘n huge risiko of stap wat jy in geloof geneem het. Keep doing you! 🙂

____________________________

As jy hierdie post geniet het, voel asseblief vry om dit te share 🙂 Hou wel my sosiale media op hoogte vir opkomende blogposts!

Instagram: @thisafrikaansgirl_za

Of ‘like’ en volg my Facebook-blad: This Afrikaans Girl

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s